Ottawa

Ottawa

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Kanada Kanada
 Provinsie Ontario
 Koördinate 45°25′N 75°42′W / 45.417°N 75.700°W / 45.417; -75.700
 Stigting 1826 (Bytown)
 Inkorporasie 1855 (Ottawa)
 Oppervlakte:  
 - Totaal 2 790,31 vk km
 Hoogte bo seevlak 70 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2021) 1 017 449
 - Bevolkingsdigtheid 365/vk km
 - Metropolitaanse gebied 1 488 307
 Tydsone UTC -5 (EST)
 - Somertyd UTC -4 (EDT)
 Burgemeester Mark Sutcliffe
 Amptelike webwerf www.ottawa.ca

Ottawa (Kanadese Engels: [ˈɒtəwə], ; Kanadese Frans: [ɔtawɑ]) is in 1857 aangewys as die federale hoofstad van Kanada. Die stad is die vierde grootste in die land en lê in die Ottawavallei, aan die oewer van die Ottawarivier of Rivière des Outaouais, wat hier die grenslyn tussen die provinsies Ontario en Quebec vorm. In teenstelling met die hoofstede van lande soos die Verenigde State en Australië bestaan daar geen nasionale hoofstaddistrik nie; Ottawa is 'n munisipaliteit van die provinsie Ontario.

Die Parlementsheuwel in Ottawa

Ottawa het in 2021 'n bevolking van 1 017 449 en die metropolitaanse gebied het 1 488 307 inwoners (2021). Sowat 'n derde van die inwoners in die stad en die helfte van die metropolitaanse bevolking is Franssprekend, en Ottawa is – naas Montreal – een van min groot Kanadese stede wat as funksioneel tweetalig beskou kan word.

Bekende besienswaardighede is sy katedrale en parlementsgeboue op die Colline parlementaire (Parlementsheuwel). Belangrike nywerhede sluit waterkragopwekking, saagmeulens, papier, meel, leer, vuurhoutjies, masjiene en yster in.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne